Get Adobe Flash player


Matteus 5:14  “Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteeek word nie…


Die taak van ons gemeente is om die bediening van Jesus voort te sit tot sy wederkoms. Die universele gesag van die opgestane Christus vereis ’n onbegrensde sending vir sy kerk. Daarom moet dissipels gemaak word van alle nasies en hulle alles geleer word wat Hy sy dissipels geleer het (Matteus 28:18-20).


Die taak van ons gemeente is die liefdevolle beoefening van vergifnis én vermaning in die geloofsgemeenskap (Matteus18:1-35).


Ons glo dat die kerk van Jesus oor ’n veel groter gesag en verantwoordelikheid beskik as net om afgedwaalde lede te kan verban, maar die wete en die gesag wat ons het om in sy Naam hulle van harte te kan vergewe.


Ons glo dat ons as gemeente geroep is om ’n hawe te wees waar mense ingebring, versorg, toegerus en uitgestuur word.


Ons glo dat ons gestuur word na die volgende generasie op ons dorp sodat ons nie die laaste generasie sal wees wat glo nie




 

Kontakbesonderhede


Kerkkantoor:


Erasmusstraat 23, Louis Trichardt 0920


Posbus 141 Louis Trichardt


Tel nr: 015 5163902


Fax: 015 5165948


Eposadresse:


Algemeen:

info@stadopdieberg.co.za


Gemeentebestuurder:

gb@stadopdieberg.co.za


Saakgelastigde:

sg@stadopdieberg.co.za


Finansies:

fin@stadopdieberg.co.za



 

Leraars


Ds Jan Pretorius


079 881 9673

janpretorius@stadopdieberg.co.za



Ds Corné Randall


072 207 8350

corner@stadopdieberg.co.za



Ds Johann Fourie


082 737 2801

johann@stadopdieberg.co.za